Daai was die vraag wat ek myself die heeltyd gevra het met die design van ons website.
Want wat se mens nou eintlik, veral as mens moet skryf oor “Electricity” en “Generators”, wat nog nie gese is in die laaste tyd wat ons struggle met nie L woord.
1 DIE L WOORD, YES LOADSHEDDING
1.1 MY GEVOEL HIEROOR…
As mens nie wil sukkel in die donkerte nie moet jy vir jou ‘n Generator aanskaf wat jou ‘n hele paar rand kan terug sit. En vir die van ons wat nou nie so gelukkig is nie; ons steek maar die kersies aan en spandeer bietjie tyd saam die familie (Jah right…). In werklikheid, luister na ons kinders wat kla, want die WIFI is af, en vir een of ander rede as die krag af is, dan is daar geen syn in ons valeie nie. En vir ‘n tiener om nie connected tewees vir 2 ure nie, is soortgelyk aan survival op ‘n eiland sonder ‘n draad klere aan.

En dis my opinie oor die L WOORD.
Kort en Kragtig .
En yes, nie blog worthy nie .
En dit dra glad nie die Blog-Stamp-Of-Approval. Dit laat my wonder:
2 SO, WAT IS DIE PROS EN CONS VAN BLOGGING?
| Pros | Cons |
| Ek kan julle probeer oorreed met al die bemarkings terme waarom ons die beste is. | Ek is ook ‘n verbruiker en GLO rerig nie sulke blogs nie… want almal sê so. |
| Ek kan vir jul verduidelik waarom ons jul generators en elektriesie mashienerie moet onderhou en diens en nie ander maatskapye nie. | Ek is ook ‘n verbruiker en weet : TALK is CHEAP. |
| Ek kan met julle ons waardes deel … | Weerheens ek is ook ‘n verbruiker en …. The Proof is in the Pudding … |
Hierdie pros en cons lys het my nie ooreed om aan tegaan nie. Inteendeel het dit my ooreed ek is nie ‘n blogger nie.
That being said, wil ek vir julle ‘n storie vertel in ‘n paar paragrawe, wat ek dink jul sal meer graag wil lees as ‘n boaring blog met How To’s en terme wat ons nie verstaan nie.
3 DIE STORIE
Ek wil met jul deel oor ‘n regte Suid Afrikaanse getroude paartjie wat ‘n droom gehad het. Want as jy mos niks weet nie, dan droom jy om saam jou man ‘n besigheid oop temaak – omrede jul so goed oor die weg kom. Amper nooit baklei nie, en mekaar so goed verstaan. Min wetend dat saam vry en bly teenoor saam werk, helmel en aarde van mekaar af verskil.
So het ons, TDHS begin in 2016.

OORSPRONKLIKE LOGO 2016
Ek weet almal het hierdie awesome storie wat jy jou kinders vertel hoe mamma en pappa ontmoed het;
“Pappa het gesukkel om teswem in die rowwe branders, Mamma natuurlik, het uitgeswem en toe Pappa sy oë oop maak na Mamma die 3de keer vir hom CPR gegee het, het ons albei geweet dis love-at-first-sight” of iets in die lyn.
Ons sin is nie so romaties en frankly ‘n bietjie kras ( maar dis ‘n storie vir n volgende keer ). Wat ek wel met julle wil deel is dat God se plan beter is.
Daar het ‘n Pastoor ‘n paar maande terug gese dat patykeer mens eers jou gat moet sien, voordat jy God sien.
En net so het ek en Mike ( Yes, My halfte ( nie altyd my beter halfte nie…)) die harde dom pad geloop.
In die volgende paar sinne sal jy sien hoe geloof (as mense wat elke liewe dag sukel met dinge van die lewe, want kom ons wees eerlik; die lewe is tough)ons minds renew het, en ons situasie omgedraai het.
Mike is ‘n gekwalifiseerde electrician met baie jare se ondervinding en hy het ‘n trots in sy werk wat ek nog by min mense gesien het.
Wat eerlikwaar in die begin (na ons getrou het natuurlik), my verskriklik geirriteer het. Want die trots het nie net opgehou by sy werk nie maar ook in klein goedjies soos die regte manier om ‘n toilette rol op tesit.

Ek – in die anderhand, het baie finansiële, bemarkings en verkoops ondervinding. Sien, ek’s ‘n kriatiewe gees en die kant wat die toiltte papier afdraai, maak nou nie vir my baie saak nie.
‘n Vriendin het vir my gese ‘n paar jaar terug gese om jou eie besigheid tehê is soos om in ‘n tronk tewees met oop deure, en die gesegde het baie by my vas gesteek. Omrede ons prioriteite nie reg was nie.
Alhoewel God ‘n groot gedeelte in ons lewe was – was God nie waarop ons ons fondasie gebou het nie. En ons fondasie het ons al try patch – maar maak nie saak hoe lekker die kuier was en hoe baie maaitjies jy gehad het gistraand in die bar. Hul gan jou nie help jou rekeninge betaal of daai gebroke verhouding se stukke optel nie.

Maar dit het alles verander so twee jaar terug. Dinge was rof… elke maand was ‘n Worry. Jy weet mos as jou uitgawes het jou inkomste opgevreet sonder om eers skaam tekry.
Ons het dit baie gehoor; “Mike, moet ‘n werk gaan soek” “Die besigheid was ‘n mors van tyd en ons sal dit nooit maak nie”
Net so besigheids tip:
- “It’s easy to smother something in the infant stage”
- Patykeer, hou jou idees en planne vir jou toekoms net tussen jou en God, nie almal hoef teweet nie.
Ons het gehoor van ‘n tent revival wat in ‘n dorpie laans ons aangebied sou word vir ‘n week lank.
Daar het baie dinge gebeur daai week wat ons lewens totaal en al verander het.
Maar die wil ek met jou deel.
Jy ken daai gevoel as jy in kerk sit en die Pastoor praat oor geld. En as mens , dink mens; “Die ou soek net mey geld” of “ek het nie eers geld nie” of daai ongemaklike gevoel wat deur jou lyf beweeg.
Dis hoe ek gevoel het, elke aand.
Ek kon nie eers die verskoning gebruik het van; jammer ek het nie kontant nie – want vandag se Pastore het card facilities. Ek kon dit nie glo nie!
Die 5de aand van die tent revival – kon ek net nie meer nie. Ek het my geldjies getrek en was gereed om dit in die koevertjie tesit. Maar die was die aand wat die Pastoor besluit om ons uittedaag; “Business owners sow in the thousands – and test the Lord and see if He won’t open the heavens over your business”
My hart het so hard geklop ek moes hom die heeltyd terug sluk in my keel.
Ek het geweet as ek ‘n R1000 swipe gaan ek loop werk toe die res van die maand. Maar ek het soos Petrus uit die boot geklim – en geswipe. Die geld was nog nie eers af op my foon nie en ek kon voel hoe die ongeloof in my binneste sink.
Vir ‘n week het ek gewag op die sluise om oop temaak, en niks nie, ons bank rekening was droër as ‘n warm dag in die Namibia Woestyn.
Die hype van die tent revival het begin weg gaan in my. En op ‘n gewone Disdag oggend oppad werk toe het ek ‘n real gesprek met God.
Ek vra Hom om vir ons nog ‘n maandlikse kontrak tegee gelykstaande aan my huidige salaris. Sodat ek kan bedank.
Ek sê: “God, wanneer U dit vir ons doen. Dan kan ek tyd indruk in die besigheid. Sodat ons kan groei. Sodat ons U koningkryk kan bou, God”
In geloof bel ek Mike (maar hy het sekerlik gedink my koffie van die oggend was nie net koffie nie…), en vertel hom dat God ons nog ‘n kontrak gaan gee gelykstaande aan my salaris.
Minder as 3 ure later het hy my terug gebel: “Ons het sopas n kontrak gekry vir dubble waarvoor jy gevra het”
Daar was net stilte op die lyn aan albei kante….
Nou hier is ‘n ding waarin ek, ons nou in bevind. “Be careful what you pray for, because you might just get it”
Voordat hierdie met ons gebeur het, was ek een van daai mense wat gese het as hul so iets hoor: “Dis maklik om tese” of “so iets sal nooit met ons gebeur nie”.
Ons maak nou ‘n punt daarvan om eers God tegee wat Hom toekom. En Hom te ken in elke besluit.
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Sodra jy JA se vir God … Se die duiwel “Hozit”
Party maande is dinge steeds rof maar ons is beter af, finansieël en emosioneel– vandat ons God dien in plaas van die wereld. Hy het ons nog nie een keer gedrop nie.
3.1 Tips of The Trade – God’s Way
- “Soek eers die koningkryk van God en Sy geregtigheid, en al die dinge sal jou bygevoeg word” Die is nie net ‘n nice versie om te quote nie. Hierdie is woorde wat jy kan bank toe vat wanneer jy daar volgens leef.
- Praat eers met God voordat jy enige besigheids (of lewens) besluite maak . Moet nie die besluit maak en dan God vra vir Sy blessing.
- Wees getrou in Hom, gee God wat Hom toekom en Hy sal jou meer gee as wat jy nodig het. ( Dis nie net finansieël nie )
- Sê dankie en wees nederig want net soos wat God gee, kan Hy weg neem.
Ek hoop jy het my NIE-BLOG geniet. En ek bid dat die woord in jou sal oproer wanneer jy dit nodig het.
Dit was ‘n absolute vooreg om TDHS se begin met jou tedeel.
Tot volgende keer – Vriendelike Groete
Chantie Botha
Sharing is caring!